
Die bekendste trekklavierspeler wat Suid-Afrka opgelewer het, was Nico Carstens (* 1926 – † 2016). Hy het meer as 1 200 liedjies geskryf en op sy trekklavier gespeel. Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer 'n verdere 1200 komposisies geskryf. Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2] Carstens is op 1 November 2016 in Kaapstad oorlede. Hy was 90 jaar oud.